[Intro]
x2
[Verse]
Vroumens jy moet weet
Dat jy intieme gedagtes
in my kop kom kweek
Jy steel my met jou gees
En jy neem my na plekke
waar ek niks sal vrees
[Bridge]
Daar is rooiwyn wat wag, wag vir die nag
En ñ bottel vol vreugde om die hartseer weg te was
[Chorus]
Ek wil jou verf met al die kleure
Ek wil jou proe my cabernet
Ek wil jou voel jou warm liefde
Oor jou skryf, lyn vir lyn
Ek wil jou wys dit is net jy
[Verse]
Vroumens dis net jy
Jy is so misterieus
Jy laat my twyfel aan als wat ek weet
Jou leefstyl so boheems
Jy sal huil as jy bly is en lag as jy vrees
[Bridge]
Daar is rooiwyn wat wag, wag vir die nag
En ñ bottel vol vreugde om die hartseer weg te was
[Chorus]
Ek wil jou verf met al die kleure
Ek wil jou proe my cabernet
Ek wil jou voel jou warm liefde
Oor jou skryf, lyn vir lyn
Ek wil jou wys dit is net jy
[Instrumental]
-
-
-
/
-
[Verse]
Jy skets met woord en mond
Iets so goed soos jy is dalk net ongesond
Ja Delila jy
Jy sal altyd jou sin kan kry
[Bridge]
Daar is rooiwyn wat wag, wag vir die nag
En ñ bottel vol vreugde om die hartseer weg te was
[Chorus]
Ek wil jou verf met al die kleure
Ek wil jou proe my cabernet
Ek wil jou voel jou warm liefde
Oor jou skryf, lyn vir lyn
Ek wil jou wys dit is net jy
[Outro]
Vroumens dis net jy