[Verse 1]
Woorde te min om ooit te kan se
Waarvoor God hier op aarde Sy lewe kom gee
So laat Heer my lewe die wereld dan leer
Dat U meer is as woorde U alles is Heer
Ek staan in ’n wereld vol kinders op straat
In ’n land vol van mense wat almal kan haat
Waar vrees ons kan blind los vir ander se seer
Is dit Jesus se hoop wat my oë kan genees
Ek staan op vir liefde vir lewe vandag
Ek staan op vir woorde en dade met krag
My hande my voete my lewe my Heer wil ek gee
[Verse 2]
Ek staan want ek leef in U koninkryk Heer
En ek’s deel van U antwoord op ander se seer
So laat Heer my lewe die wereld dan leer
Dat U meer is as woorde U alles is heer
Ek staan in ’n wereld vol mense met vrees
Vir misdaad vir more om eensaam te wees
En mense wat glo dat hul niks meer verdien
Ek sal staan dat hul Jesus U liefde kan sien
Ek staan vir die Koninkryk van God die Heer
Wat altyd en ewig oor my sal regeer
Vir U heilige Naam vir U sal ek staan U’s my Heer