[Vers 1]
Aan die minste van die minste aan ander net soos ons
Aan sondaars wat geval het en die pad van God verloor
Vir die rykes en die armes vir die wat ons vermoor
Met ons selfsug en ons woorde, verskyn ‘n engelkoor
[Koor]
Vrede is hier
Vrede is hier vanaand
Vir ‘n wêreld van seer- Vrede is hier vanaand
[Vers 2]
In die donker van ons wêreld word die nag die kersfees Kind
Vir elke mens op aarde met die goeie nuus gebring
In ‘n wêreld vol van hartseer in ‘n wêreld vol van seer
Bring die Lig vir ons die Liefde wat ons harte kan genees
[Koor]
Vrede is hier
Vrede is hier vanaand
Vir ‘n wêreld van seer- Vrede is hier vanaand
[Vers 3]
Vrede wat kom leef in die bloed van hierdie seer
Bring genesing vir die wonde bring genade op ons neer
En die Redder word gebore om die Lig vir ons te wees
Sodat ons kan deel ons lewens, sodat ander vreugde leef
[Koor]
Vrede is hier
Vrede is hier vanaand
Vir ‘n wêreld van seer- Vrede is hier vanaand
[Brug}
Engele sing in die donkerste nag
Van ‘n nuwe begin wat die heelal op wag
[Koor]
Vrede is hier
Vrede is hier vanaand
Vir ‘n wêreld van seer- Vrede is hier vanaand
Vrede is hier
Vrede is hier vanaand
Vir ‘n wêreld van seer- Vrede is hier vanaand